Kleuterbediening
Visie
Om kleuters in ons gemeente deur saadjies van kennis en geloof te laat groei tot kinders wat lief is vir Jesus en steeds meer vrugbaar sal word in hul katkisasiejare voorentoe.
Missie
Die diensgroep skep 'n liefdevolle en warm omgewing waar kinders in hul vormingsjare aan die verhale in die Bybel blootgestel word en sodoende geleidelik kennis van ons Here opbou. Kinders word liefdevol en speel-speel geleer. Dit is vir die diensgroep belangrik om vir die kinders 'n gevoel van samesyn en liefde te skep en nie 'n gevoel van werk en verpligting nie. Hulle moet daarna uitsien om Sondae die kinderbediening by te woon.
Drie klassies word aangebied tydens die preek op Sondagoggende:
- 18 maande tot 4 jaar.
- Graad RR tot gr. 1.
- Graad 2 en 3.
Gekeurde lesmateriaal word deur 'n span geesdriftige ouers aangebied en ons kleingoed hoor die Woord op hulle eie verstaansvlak.
Sameroeper: Lisa Vosloo
Katkisasie
Gedurende skooltermyne word katkisasieklasse Sondae na die erediens vir kinders van voorskoolse ouderdom tot graad 11 aangebied. Die voor-belydenis en belydenisklas se katkisasie word Sondagoggende na die erediens deur ds. Pieter gelei.
Sameroeper: oudl. Thomas Venter

Vanjaar se kategete
Jeugaksies
Laerskooljeug
Die laerskooljeug is geskep vir die kinders van voorskool tot graad 6. Daar word vir hul deur die jaar verskeie geleenthede gereël waar hul bymekaar kom om saam te speel en mekaar op 'n dieper vlak te leer ken.
Sameroeper: Zoë Venter
Middelskooljeug
Die middelskooljeuggroep is vir die kinders vanaf gr. 7 - 8.
Hoërskooljeug
Die hoërskooljeuggroep is vir die kinders vanaf gr. 9 - 12.
Studente- en jongmensegroep
Die groep is vir ons jong studente en jong werkendes om by mekaar uit te kom te midde van hul besige lewens sodat hulle mekaar kan leer ken en ondersteun.
Sameroeper: Clarissa Rehder
Wil jy graag by hierdie diensgroep aansluit?
Enige lidmate wat wil betrokke raak by die Jeugbedieningsgroep is baie welkom. Gaan asb. na die Kontak ons-blad en vul die vorm in.
